top of page

WIE IS NUUSPOD?

Cover Profile Afr.png
Cover Profile Eng.png

​Nuuspod is ‘n onafhanklike aanlyn kanaal vir nuus en aktualiteit in hoofsaaklik Afrikaans. Die kanaal staan bekend as die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus, want nuus is baie meer as die koue feite op ‘n televisieskerm of in ‘n koerantberig. Agter elke nuusberig is daar ‘n mens, ‘n dieper storie, ‘n ander waarheid. Daarom is geen stem vir Nuuspod te konserwatief of liberaal nie, te regs of links, te mooi of lelik nie. As jy ‘n storie het, sal Nuuspod dit vertel, sonder enige agenda.

​

Nuuspod is nie op brekende nuus ingestel nie, ons vertel die storie daarna, die dieper storie. Daarom is Nuuspod se bydraes nie net vyf of tien minute lank nie. Ons sorg dat elke kwessie goed deurtrap word vir die nuusneus wat so bietjie meer in ‘n storie soek.

​

Nuuspod is in Oktober 2020 begin deur Izak du Plessis, die bekende aanbieder van die televisie program Boereverneukers en skrywer van die gelyknamige boek. As omroeper was hy die anker aanbieder van Monitor en Spektrum op RSG, die Afrikaanse SABC radiostasie.

​

Izak gebruik sy jare lange ondervinding as joernalis en omroeper om met bekendes en ander rolspelers te netwerk, en sodoende in-diepte onderhoude te reël oor nuus, politiek, aktuele gebeure en ander tersaaklike onderwerpe. Verder het die ervare joernalis Teresa Coetzee haar intussen by Nuuspod aangesluit om meer op menslike belangstellings en inspirerende figure se stories te fokus.  

Nuuspod trek ook die aandag van die hoofstroom media en word gereeld aangehaal deur onder andere Netwerk24, News24 en die Daily Maverick. Verder word die kanaal se inhoud ook gebruik deur Caxton Local Media in hulle aanlyn portefeulje. Nuuspod toon bestendige groei en kan hom roem op ‘n trotse ondersteuningsbasis.

​

Hoewel ons op Afrikaans fokus, sal daar noodwendig ook bydraes in Engels wees, aangesien ons in ‘n land en wêreld bly waar ander mense nie Afrikaans praat nie.

​

​Sluit vandag nog aan by Nuuspod deur gratis op Youtube in te teken. Kliek hier om outomaties 'n intekenaar te word – onthou, dis heeltemal gratis!

bottom of page