
Wat soek die EFF op die Kaapse Vlakte?


Nuuspod se nuwe saamgeselsprogram, Nuusmakers, het vanoggend afgeskop met 'n gesprek tussen Ian Cameron, Quinton Adams en Nazier Paulsen oor die Kaapse Vlakte nav die EFF se projek EFF on Patrol. Die gesprek het soms warm geraak, maar op die keper beskou, was dit 'n goeie een. Jy kan voortaan elke weeksoggend om 7:00, behalwe Woensdae as die Blink Kant op is, na soortgelyke gesprekke luister. Woensdag se program sal om 7:30 begin.
Izak du Plessis


8 September 2022 06:45:38
Heading 1

Maties: Transformasie is rassisme, sê STOP


In Nuusmakers gesels ek met Francois Malan en Christof van Niekerk oor transformasie by Maties. Hulle groep STOP sê die universiteit se raad is gelaai met 'n klomp linkse heavyweights wat Afrikaanssprekendes wat uit 'n konserwatiewe agtergrond kom, boelie, aldus Rapport.
Izak du Plessis


9 September 2022 12:45:56
Heading 1
