Stroomop - 11 April 2022
Izak du Plessis
10 April 2022
Nuuspod se daaglikse aanlyn program vir nuus en aktualiteit in Afrikaans met die komplimente van Fines4U
Besoek https://www.fines4U.co.za
In vandag se program
1. Daily Maverick en Rapport fokus albei op die waterkrisis in die land. Stroomop gesels hieroor met prof. Tony Turton en Lambert De Klerk.
2. Danie van Wyk vertel aan Stroomop oor DAK Netwerk en die Universiteit Stellenbosch se ooreenkoms wat bruin studente van die platteland kan bevoordeel.
3. Stroomop vra aan Wouter Wessels of die regering se ingryping in die Vrystaat die nodige verandering sal meebring.
4. Al hoe meer mense kies waterverassing as 'n manier om afskeid te neem van hul geliefdes se oorskot. Ek praat met Adriaan Bester van Avbob.
5. Bongani Baloyi sit Action SA se standpunt oor onwettige immigrante uiteen.