top of page
Thumbnail ex Caxton disclaimer.png

Is die DA regtig rassisties?

02 Kyk Small.png
02 Kyk Small.png
02 Kyk Small.png
Izak du Plessis

17 Augustus 2022

Elke keer as 'n swart leier uit die DA bedank, word die party subtiel, sowel blatant van rassisme beskuldig, of dan dat hulle minstens nie goeie rasseverhoudinge in die party se leierskap handhaaf nie. Dit is ook nou die geval met die bedanking van Makashule Gana en Patricia Kopane.

Van Herman Mashaba en Mmusi Maimane se dramatiese vertrek uit die party 'n paar jaar gelede, tot Mbali Ntuli se aanslag op die posisie van leier as die party, sowel as die vertrek van Phumzile van Damme en Bongani Baloyi is ook deur verskeie ontleders, joernaliste en sommige betrokkenes self met die raskwas ingekleur.

Maar as 'n mens na die samestelling van die party se leierskorps kyk en 'n klomp ander kwessies in ag neem, wil die som ten opsigte van die beskuldigings nie klop nie.

Vanaand om 7:00 stel ek die vraag aan Cilliers Brink en Gert Van der Westhuizen.

Fines4U.png
bottom of page