top of page
Thumbnail ex Caxton disclaimer.png

ActionSA: 'n Nuwe vuur brand in my

02 Kyk Small.png
02 Kyk Small.png
02 Kyk Small.png
Izak du Plessis

21 Februarie 2022

ActionSA het verlede week aangekondig dat Athol Trollip, voorheen van die DA, hom by die party aangesluit het.

Trollip, ’n voormalige voorsitter van die DA se federale raad en burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, is op 'n nuuskonferensie in Gqeberha as die party se nuutste lid voorgestel.

Herman Mashaba, partyleier, en Michael Beaumont, nasionale voorsitter van die party, het Trollip verwelkom.

Trollip het die DA verlaat toe hy in Oktober 2019 uit “alle aktiewe politiek” getree het nadat hy sy bedanking kort ná dié van Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, by die party ingedien het.

Fines4U.png
bottom of page