Teëspoed het my nommer


Die hoeveelheid teëspoed wat ek op my terugreis Pertoria toe het, gebeur wragtig net in slapstick comedy flieks. Afgesien van my close brush as smokkelaar met Calvinia se polisie, het my Toyotatjie begin olie lek soos 'n olietenkskip wat naby 'n pikkewynkolonie verbyvaar. Een of ander crank shaft seal of iets waarvan ek bokkerol verstaan. Daar kan blykbaar eers Dinsdag van Upington af so 'n onderdeel verwag word. Om dit te kroon, verloor ek 'n band op 'n grondpad toe ek as troosprys 'n draaitjie gaan ry het om foto's te neem, en so ook die blerrie spaarband. Ry hom toe nou moer toe, want op daai grondpad is twee kraaie die enigste sigbare lewe. Nou is ek op Brandvlei gestuck. Gelukkig het iemand my aan oom Dawid voorgestel, wat nou kyk wat hy kan red om die hervatting van my terugreis te verseker. Maar dis nie vir my sleg nie. Ek laaik Brandvlei. Ek oorweeg dit selfs om net hier af te pak en nie weer verder te reis nie. Met wifi kan 'n mens mos op enige plek in die wêreld werk. Intussen kan julle my Supermaanoggend op Wellington beoordeel. Dit was 'n special oomblik. Dis nou die oggend na die vorige aand se supermaan. Tjorts, op die lewe, soos hy gebeur.

11 views0 comments

Recent Posts

See All