top of page
  • Writer's pictureIzak du Plessis

Nog iemand vir krag?


Ek wil vir jou 'n storie vertel, maar as jy 'n mens is wat sies vir alles sê, moet jy liefs nie verder lees nie. As jy nie van vloek hou nie, en as jy dink vloekwoorde moet sterretjies kry en as jy dink sekere woorde is taboe, of as jy dink alles wat met seks te make is verbode, dan moet jy asseblief nie verder lees nie. Verstaan jy nou mooi, moenie lees as alles vir jou sies is nie, toe seblief.

Haar naam is Gogo, ek kon verkeerd gehoor het, maar dis wat ek gehoor het, en ek het haar toestemming om die foto te plaas.

Gister toe ek op Brandvlei stop kom sy kordaat nader gestap en vertel sommer al van so tien tree af al vir my hoeke mooi man sy dink ek is.

"Jirre, maar jy is vir my mooi, hoor," lag sy oopbek met haar lippe wat so rooi soos rivierklei is. Sy het klokke in haar stem.

"Maar kyk hierso, koop bietjie vir my krag, toe man, asseblief." Sy lek met haar tong oor haar kleirooilippe. Die tong krul spelerig oor die onderlip en glip weer terug in haar mond.

Ek beduie dat ek nie kontant het nie.

"Maar kyk hierso, gebruik jou kaart, man, net R10 se krag, toe man, asseblief."

Ek wil nog kapsie maak, maar ek dink sy het my sien aankom, want toe gooi sy haar curve ball. En dit werk.

"Waar's jou vrou," wil sy weet.

"Ek het nie 'n vrou nie," beduie ek.

Sy gooi haar arms in die lug en jil, "Maar my jirre, dit kan mos nie wees nie, jy is dan so 'n mooie man. As jy myne was het ek jou opgenaai!"

Nou ja, op my ouderdom laat jy nie so 'n kompliment ongesiens verbygaan nie. Ek het besluit sy mag maar krag kry.

Nog iemand vir krag?

15 views0 comments

Recent Posts

See All

Comentarios


bottom of page