1/2
Leilani.png

LEILANI KUTER

Icon Email.gif
icon facebook.gif
icon YT.gif
icon twitter.gif
icon ig.png

Bemarking

Leilani is aan die stuur van Nuuspod se bemarking. en is al langer as 20 jaar in die wêreld van advertensieverkope. Sy het vir onder andere vir maatskappye soos Reed Business Information, People Magazine en Primedia Broadcasting gewerk . In 2006 het sy haar eie advertensiemaatskappy, Itsy Bitzy Tips begin. Sy is ook die trotse eienaar van www.datenightsa.co.za.

Leilani was vir lank deel van die bemarkingspan van beide Ontbytsake op kykNET,  asook Die Groot Ontbyt op kykNET.

Sy is ook bekend as aktivis teen geslagsgeweld, en is die stigter van Yellow for Survivors, ‘n nie-winsgewende organisasie wat fokus op selfverdediging, staptogte en fondsinsameling om slagoffers te ondersteun.. Sy vertel haar storie op Nuuspod se YouTube kanaal aan Teresa Coetzee.

Voornemende adverteerders en ondersteuners is welkom om haar te kontak op 071 883 3346 of leilani@nuuspod.com.

Teresa Coetzee.jpg

TERESA COETZEE

Icon Email.gif
icon facebook.gif
icon YT.gif
icon twitter.gif
icon ig.png

Bydraer

Teresa Coetzee is die afgelope 23 jaar werksaam as joernalis. Sy het in 1997 by Rooi Rose begin werk, 'n draai by Huisgenoot gaan maak en tussendeur ook vir Baba en Kleuter, Vrouekeur, Rapport, Beeld en Netwerk24 gewerk. Buiten dat sy oor leefstyl, vermaak en gesondheid skryf, is sy ook 'n kranige fietsryer wat al aan vyf Absa Cape Epic, vyf Joberg2C- en vyf Cape Pioneer Trek bergfietsmarathonne deelgeneem het.
 

Deesdae is dit haar missie om mense te inspireer en te help.

"Ons is omring met die realiteit en slegte nuus, en juis daarom wil ek fokus op die goeie en lekker goed wat wel hier om ons gebeur. 'n Positiewe ingesteldheid kan 'n mens baie ver bring en dit het gewoonlik 'n kettingreaksie wat ander se denke en dade beinvloed. Positiwiteit is die katalisator van buitengewone aksies."