Izak Website foto.gif

IZAK DU PLESSIS

Stigter en redakteur

  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • 2021 Verkiesings
  • Izak praat met
  • Pen2

Izak du Plessis is ‘n bekroonde radiojoernalis, skrywer en televisie-aanbieder.

Hy het in 2012 by die span van Monitor en Spektrum, wat op RSG uitgesaai word, aangesluit, aanvanklik as nuusskrywer en later as sosiale mediakoördineerder vir die twee programme. Later het hy ook die twee programme, sowel as Naweekaktueel en Kommentaar aangebied. Hy het ook ondervinding as redakteur van die programme.

In die tyd het hy verskeie toekennings vir sy werk ontvang.
2015 – ATKV Mediaveertjie
2016 – Vodacom Joernalis van die jaar
2017 – ATKV Mediaveertjie
2018 – ATKV Mediaveertjie
2019 – ATKV Mediaveertjie
2020 – SA Radio Awards

Izak is ‘n skrywer wat al verskeie koerantrubrieke, kortverhale, gedigte en tydskrifartikels gepubliseer het. Hy het ook twee boeke geskryf:

1.    Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters (Penguin)
2.    Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand (Penguin)

In 2017 keur ViaTV ‘n voorstel goed dat die boek Boereverneukers as televisiereeks vervaardig word, met Izak as aanbieder. Die reeks was baie gewild met net meer as 1,8 miljoen kykers. Die tweede reeks is in 2021 uitgesaai.

Izak het in Maart 2020 begin om gestalte te gee aan Nuuspod, die tuiste van Afrikaanse stories agter die nuus.

Teresa Coetzee.jpg

TERESA

COETZEE

Bydraer

  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • Talon Tools
  • Teresa praat met...

Teresa Coetzee is die afgelope 23 jaar werksaam as joernalis. Sy het in 1997 by Rooi Rose begin werk, 'n draai by Huisgenoot gaan maak en tussendeur ook vir Baba en Kleuter, Vrouekeur, Rapport, Beeld en Netwerk24 gewerk. Buiten dat sy oor leefstyl, vermaak en gesondheid skryf, is sy ook 'n kranige fietsryer wat al aan vyf Absa Cape Epic, vyf Joberg2C- en vyf Cape Pioneer Trek bergfietsmarathonne deelgeneem het.
 

Deesdae is dit haar missie om mense te inspireer en te help.

"Ons is omring met die realiteit en slegte nuus, en juis daarom wil ek fokus op die goeie en lekker goed wat wel hier om ons gebeur. 'n Positiewe ingesteldheid kan 'n mens baie ver bring en dit het gewoonlik 'n kettingreaksie wat ander se denke en dade beinvloed. Positiwiteit is die katalisator van buitengewone aksies."